“Elke oggend wanneer ek die voorreg het om my Grey skoolbaadjie en -das aan te trek, voel ek soos Superman. Niemand kan in my pad staan om sukses te bereik nie.
By Grey Kollege in Bloemfontein, word daar deur die wêreldklas fasiliteite en mentors van jou ‘n gentleman gemaak. Elkeen vind sy plekkie in die son, ongeag jou belangstelling. Hier word jy in jou onderskeie terreine voorberei om nuwe hoogste te bereik. Elke skakel van sport, kultuur en akademie vorm ‘n onbreekbare ketting.
Ek persoonlik, gaan die meeste terugverlang na die saalperiodes voor interskole. Nêrens anders sal jy so ‘n hoendervleis-oomblik kan ervaar nie. Om vir die eerstespan uit te draf, was iets waaroor ek al van gedroom en gewerk het vandat ek in Grey gekom het.
Ek kan nie wag om te sien watter hoogtes Grey Kollege gaan bereik in die jare wat kom nie. May the College forever train noble citizens.”
Viva la Grey.