)

“Read Aloud Day” – Primêre Meisieskool Oranje neem deel

“Read Aloud Day”. Vandag, 1 Februarie, is Internasionale “Read Aloud Day”. By Primêre Meisieskool Oranje in Bloemfontein, het die hele skool tydens die dag deelgeneem. Die hardop lees aktiwiteite is georganiseer deur die Engelse vakgroep. Van graad 1 tot 7 het die Nali Bali storie: “Every day’s a story” gelees in Engels. Almal het sommer lekker pret gehad!

Graad 4 – Gassprekers

Juffrou Chandrine en Juffrou Rochelle het vir die Graad 4 Engelse klasse gaan lees. Hulle het dit vreeslik geniet om die kantoor tannies as “juffrouens” te sien. Selfs Tibbie het kom luister na die storie.

Graad 5 – Storiewandeling

Die graad 5-leerders het ‘n storiestap buite geneem waar die storie gelees is. In die klas kan hulle ‘n prentjie teken wat hulle aan die storie herinner. Die plakkate was van top gehalte en beeld die storie perfek uit.

Graad 6 – Storylyn skets

Die graad 6-leerders het die storie individueel hardop gelees gedurende hul Engelse periode. Daarna het hulle ‘n storielyn geskep om op te som wat hulle gelees het. Die leerders is nou gereed om volgende week hulle eie kreatiewe storie te skryf!

Graad 7 – Buddy lees en koraallees

Nege lesers van graad 7 het elkeen by ‘n grondslagfase klas die storie gaan voorlees. Die res van die graad 7-leerders het gedurende hul Engelse periode die storie op die trappe langs die Engelse klas gekoraallees. Dit was baie opwindend en het soet op die ore gelê.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://oranjeprimer.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal