Radikale Redenaars. Bethlehem Voortrekker Hoërskool se leerders het weer hierdie jaar uitstekend gevaar in die Radikale Redenaars Kompetisie. Sewe-en-twintig van die leerders het deurgedring na die streeksfinaal. BVHS is egter hartseer om te hoor dat daar dié jaar nie ‘n streeksfinaal gaan plaasvind nie. Afgesien daarvan sal die 27 leerders wel elkeen ‘n medalje ontvang vir hulle uitsonderlike prestasie. Die leerders wat medaljes sal ontvang is Lizmae Cloete, Bella Theron, Lana-Mari Hattingh, Elouise Snyman, Ansuné Schutte, Emma Wessels, Mila Kotzé, Zilni van Wyk, Sebabatso Mofokeng, Sulé Strydom, Martelise Hattingh, Monique Crause, Cameron Wessels, Yadel Valdes, Mikayla McMaster, Ruan Botha, Megan Haward, Carmen Strydom, Annika Meaker, Mpho Molabo, Sandile Twala, Katiso Kasane, Liam Lloyd Doman, Cari Smit, Tristen McMaster, Shannon Purchase en Mieke Grové.
Die skool is baie trots op agt van hul leerders wat direk deurgedring het na die Nasionale Finaal. Dié leerders is Mila Kotzé, Jana Grobbelaar, Zilni van Wyk, Susan Bender, Mieke Grové, Ruan Botha, Mikayla McMaster en Shannon Purchase. Die Nasionale finaal sal gedurende Oktober plaasvind.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.voortrekker.co.za/
Foto’s verskaf