)

RADANDT VAN DASSE PALM AKADEMIESE TROFEES IN

Radandt Malherbe, toppresteerder van graad 12 en hoofseun van Hoƫrskool Langenhoven vir 2018, staan trots tussen sy ouers, Francois en Anchen Malherbe, by al sy toekennings wat hy tydens die jaarlike Erkenningsaand ontvang het.

Radandt het ā€˜n medalje vir hoofseun van die skool ontvang, hy is die toppresteerder in Engels Eerste Addisionele Taal, Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe, Rekeningkunde, Wiskunde en Addisionele Wiskunde.

Hy ontvang diplomas vir Afrikaans Huistaal, LewensoriĆ«ntering en het ā€˜n gemiddelde akademiese prestasie van 90.1% (volkleure). Hy ontvang die Kultuurpenning van die Voortrekkers vir prestasie in Leierskap en Kultuur, die Tuinroete Wynboutique beker vir beste prestasie in Wiskunde en Fisiese Wetenskap graad 12.

Hy ontvang die Henya Stander trofee vir beste prestasie in Engels Addisionele Taal graad 12 en die Krugerbeker vir beste prestasie in Fisiese Wetenskappe graad 12. Radandt ontvang die Elmarie Vosloo trofee vir die beste prestasie in Lewenswetenskappe graad 12, die ENB beker vir die beste prestasie in Rekeningkunde graad 12, die Handelshuisbeker vir die beste prestasie in Wiskunde graad 12 en die Ferreira beker vir die beste prestasie in graad 12.

Die Malherbe-gesin stap al ā€˜n lang en baie spesiale pad met HoĆ«rskool Langenhoven. Sy oupa, DanĆÆel Jacobus Malherbe (Basie), het in 1948 by die skool matrikuleer. Sy pa, Francois Malherbe, het in 1986 matrikuleer en was ook hoofseun. Hy is al vir die afgelope sewe jaar op die skool se beheerliggaam.

Sy broer, Jean-Jacques Malherbe, het in 2014 matrikuleer en was onderhoofseun. Radandt gaan volgende jaar Bsc Fisika op die Universiteit Stellenbosch studeer en beplan om uiteindelik sy doktersgraad in fisika te behaal.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – HoĆ«rskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wĆŖreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ā€˜n vasberade leerder van HoĆ«rskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…Ā  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…Ā  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal