Andrie Swart, ān graad 12-leerder van HoĆ«rskool Langenhoven is tydens die skool se Erkenningsaand as Sportvrou van die jaar aangewys.
Hierdie Dassie het SWD vir tweekamp en is in die O/18A-Edenspan vir hokkie opgeneem. Sy ontvang die beker vir beste senior hokkiespeler en die Goossen van der Merwetrofee vir beste prestasie in sport en akademie. Andrie is die kaptein van die skool se eerste hokkiespan en sy is ook in die skool se atletiek- en swemspan.
Hierdie talentvolle Dassie het ook Diplomas vir Afrikaans Huistaal, Besigheidstudies, LewensoriĆ«ntering, Rekeningkunde en Wiskunde gekry. Sy het ān gemiddelde akademiese prestasie van 75.0% (halfkleure).
Groot dank moet aan Anton en Adrie Swart gaan (Hessequa Abattoir & JC Slagtery), wat ān jarelange borg van die skool is en die skool met vele fondsinsamelingsgeleenthede gehelp het. Julle lojaliteit en harde werk word opreg waardeer!
Op die foto verskyn van links: Adrie Swart, Andrie Swart en Anton Swart.