)

ANDRIE IS DASSE SE SPORTVROU VAN DIE JAAR

Andrie Swart, ‘n graad 12-leerder van Hoërskool Langenhoven is tydens die skool se Erkenningsaand as Sportvrou van die jaar aangewys.
Hierdie Dassie het SWD vir tweekamp en is in die O/18A-Edenspan vir hokkie opgeneem. Sy ontvang die beker vir beste senior hokkiespeler en die Goossen van der Merwetrofee vir beste prestasie in sport en akademie. Andrie is die kaptein van die skool se eerste hokkiespan en sy is ook in die skool se atletiek- en swemspan.

Hierdie talentvolle Dassie het ook Diplomas vir Afrikaans Huistaal, Besigheidstudies, Lewensoriëntering, Rekeningkunde en Wiskunde gekry. Sy het ‘n gemiddelde akademiese prestasie van 75.0% (halfkleure).

Groot dank moet aan Anton en Adrie Swart gaan (Hessequa Abattoir & JC Slagtery), wat ‘n jarelange borg van die skool is en die skool met vele fondsinsamelingsgeleenthede gehelp het. Julle lojaliteit en harde werk word opreg waardeer!

Op die foto verskyn van links: Adrie Swart, Andrie Swart en Anton Swart.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal