)

Pumas verras by Mej. Huis Maré 2018 van HSN

Die jaarlikse Mej. Huis Maré is Dinsdag 11 September aangebied en dié jaar was Hoërskool Nelspruit se kultuursentrum die agtergrond vir hierdie spesiale geleentheid vir die skool se koshuisdogters.

Die Pumas-rugbyspelers kon egter ook nie wegbly nie en was ook by dié spoggeleentheid te siene. Deelnemers moes die jaar hul ontwerpvernuf wys deur vyf koshuismaats in te span vir hulp en ‘n kostuum met die tema “Cat in the hat” uit materiaal wat verskaf is, aanmekaar te sit.

Dit alles binne ‘n uur. Die meisies moes ook die koshuishemp in hul eie styl verfraai en ‘n formele uitrusting gereed hê. Die meisies is tydens die derde lopie op die loopplank in hul formele drag deur die Puma-rugbyspelers vergesel.

Die seremoniemeesters vir die aand was Jessica Berry en Jaytee Boers.

Die Wenners: • Beste ontwerper: Nicola Cronjé; • Beste persoonlikheid: Sino Repinga; • Tweede prinses: Nicola Cronjé; • Eerste prinses: Shannon Pretorius; • Mej. Huis Maré: Suzanne Bothma

Meer oor Huis Maré: Vir Nellie-dogters is die Huis Maré-koshuis letterlik en figuurlik ‘n huis. “Vir duisende dogters wat in gr.8 by die koshuis intrek geneem het, het dit ‘n fondament en stabiliteit gegee sodat hulle na vyf jaar as dames kon uitstap. Oudinwoners verwys dikwels met verlange en dankbaarheid na hul tyd hier,” meen koshuisvader mnr. Kobus Hartman.

Met die koshuis se ingebruikneming in 1960 is dit deur 163 dogters bewoon – drie meer as waarvoor daar eintlik plek was. Tot vandag toe is die koshuis ‘n groot bate vir die skool en gee dit baie dogters die geleentheid om by akademiese, kultuur- en sportaktiwiteite aan te sluit. Vandag word hier bykans ‘n beduidende 240 dogters uit die skool se ongeveer 650 dogters gehuisves, wat geweldige momentum gee aan enige aktiwiteit by die skool.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal