)

Pumas Rugbyspan – NHS wens Pumas geluk met Curriebeker

Pumas Rugbyspan. Die Airlink Pumas rugbyspan het op 25 Junie 2022 geskiedenis gemaak toe hulle die Curriebeker-finaal teen die Griekwas, op hul tuisveld in Kimberley, met 26-19 gewen het.

Hoërskool Nelspruit is ‘n trotse ondersteuner van dié span en het tydens die finaal bankvas agter hulle gestaan. Dit was dan ‘n groot voorreg om mnr. Jimmy Stonehouse (afrigter van die Pumas), mede-afrigters en spelers by NHS se eerste saalopening van die derde kwartaal te verwelkom en geluk te wens met hierdie besonderse prestasie.

Die skool is ook besonders trots op die twee oud-Nellies, Daniel Maartens en Dewald Maritz wat ook vir hierdie span uitgedraf het. Met ‘n luide toejuiging, Nellie-handeklap en saamsing van BORSBEEN is die gelukwensings oorgedra!

Hoërskool Nelspruit wens hulle baie sterkte toe met die opkomende seisoen en glo dat hulle nog hoër hoogtes sal bereik!

Foto: links: Daniel Maartens saam met Mnr Chris Mans. Foto regs: Mnr Hennie Skorbinski, Daniel Maartens en Mnr Johan Pretorius

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://nelliesh.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal