Pumas Rugbyspan. Die Airlink Pumas rugbyspan het op 25 Junie 2022 geskiedenis gemaak toe hulle die Curriebeker-finaal teen die Griekwas, op hul tuisveld in Kimberley, met 26-19 gewen het.
Hoërskool Nelspruit is ‘n trotse ondersteuner van dié span en het tydens die finaal bankvas agter hulle gestaan. Dit was dan ‘n groot voorreg om mnr. Jimmy Stonehouse (afrigter van die Pumas), mede-afrigters en spelers by NHS se eerste saalopening van die derde kwartaal te verwelkom en geluk te wens met hierdie besonderse prestasie.
Die skool is ook besonders trots op die twee oud-Nellies, Daniel Maartens en Dewald Maritz wat ook vir hierdie span uitgedraf het. Met ‘n luide toejuiging, Nellie-handeklap en saamsing van BORSBEEN is die gelukwensings oorgedra!
Hoërskool Nelspruit wens hulle baie sterkte toe met die opkomende seisoen en glo dat hulle nog hoër hoogtes sal bereik!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf