)

Provinsiale Landsdienskamp – Hoërskool Ermelo woon kamp by

Provinsiale Landsdienskamp. Hoërskool Ermelo spog vanjaar met 12 Erries wat gekies is om die provinsiale Landsdienskamp te Blyderivier Adventure Camp by te woon. Die kamp het geduur vanaf Woensdag 29 Junie tot Sondag 3 Julie. Leerders van 14 hoërskole van regoor Mpumalanga het die kamp bygewoon.

Die leerders is in ses spanne ingedeel (A-F): groep A-C het bestaan uit gr. 8-9’s en groep D-F uit gr. 10-12’s. Waar nodig is die onderskeie groepe verder onderverdeel by die onderskeie aktiwiteite.

Groeplede is geëvalueer by die volgende aktiwiteite: dam, arbeid, hindernisbaan/paintball, handvaardigheid, spele en dans. By die dam is daar ‘n individuele handroei-kompetisie gehou. Elke span moes vyf opblaasbote opmekaar stapel met al die spanlede binne-in. Die arbeid het die uittrek van onkruid, die verskuiwing van hout en takke en die skoonmaak van gedeeltes van die tuin ingesluit. Elke span moes ‘n eie dans uitwerk vir Saterdagaand se danskompetisie. By die spele moes die spanne benewens struktuurbou, krete uitwerk en balspel ook ‘n eie speletjie met reëls uitdink en aanbied. Die handvaardigheid het ‘n veelvoud aktiwiteite ingesluit. Dit het geskenkbokse toedraai en boeke bind, tot bandjies maak, proppe bedraad en papierkuns bemeester ingesluit.

Entrepreneursvaardighede

Daar is darem nie net gewerk nie, maar ook lekker ontspan. By die vlooimark het leerders hul entrepreneursvaardighede ten toon gestel. Hulle het ook handgemaakte items teen R5 verkoop. Soggens en saans is daar Bybelstudie gehou. Saans se koffiekuiers om die kampvuur sal ook nie gou vergeet word nie. ‘n Kamp sal natuurlik ook nie ‘n kamp wees sonder die impromptu-toneel, ‘n sokkie, samesang en lanternbekruip nie!

Vir EHS was die hoogtepunt van die kamp toe ses Erries gekies is vir die nasionale kamp. Dit word gedurende die Desembervakansie in die Wes-Kaap aangebied. Hartlik geluk aan Carla Bronkhorst, Franco Gibbens, Mary-Jané van der Merwe, Chané Oosthuizen, Megan McDermid en Tharina Viljoen.

Hierdie leerders pluk nou die vrugte van hul goeie gedrag, harde werk en goeie spangees. Hoërskool Ermelo is trots op elkeen en is vol vertroue dat die Erries se naam hoog gehou sal word.

Facta non verba!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://erries.co.za

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal