Proscenium Dramakompetisie. Hulle sê drie maal is skeepsreg. Vir hierdie dramatiese Wilgies, Jaco Koster en Zanje Bodenstein is dit meer so! Vanjaar het die eersbekende, Nasionale Toneelkompetisie, ‘n gedaante verwisseling ondergaan en staan dit vanjaar as die Proscenium Dramakompetisie bekend.
Dit het nuwe bestuur, met kykNet en RSG as borge. Wilgies het vanjaar wéér verteenwoordiging in die finaal wat in Mei by Artscape in Kaapstad plaasvind.
Jaco Koster (graad 12) neem sedert 2021 aan die Nasionale Toneelkompetisie deel, waar hy in 2021 junior wenner, 2022 top 32-finalis en verlede jaar ‘n top 20-finalis was. Zanje Bodenstein (graad 11) was ‘n top 8-finalis in 2023. Jaco en Zanje het deurgedring na vanjaar se finaal!
Albei hierdie akteurs gaan nog groot sukses in die industrie bereik!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf