Hoërskool Langenhoven van Riversdal se rugbyafrigters is baie trots op hulle pragtige nuwe hemde, wat mnr. Harry Stroebel (Pro Motors Select Riversdal), vir die sewende agtereenvolgende jaar borg.
Die skool is baie dank aan mnr. Stroebel verskuldig, en waardeer die ondersteuning en lojaliteit!
Vlnr: Mnre. Jaco Potgieter, Marco van der Linde, Riaan van Schalkwyk en Alwyn Riekert.
Voor vlnr: Mnre. Pieter Franklin, Harry Stroebel (Pro Motors Select Riversdal) en Kobus Venter.