Worcester Primêre Skool wil baie dankie sê aan ons twee bekwame koorleidsters wat so hard werk om die beste uit ons leerders se stemme te haal, ons waardeer opreg die tyd en moeite wat hulle hiervoor insit.
Mev. Elbé van Wyk, (links op foto), rig ons Seniorkoor af. Hulle het 96% by die Worcester Eisteddfod verwerf.
Mev. Hanlie Bruyns, (regs op foto), rig ons Juniorkoor af. Hierdie koor het 95% behaal by die Worcester Eisteddfod en is ook by die ATKV Applous Koorkompetisie vanjaar as die 2de beste Juniorkoor in die land aangewys.