Primêre Skool Worcester is trots op hul atlete wat aan die Wes-Kaap Atletiekbyeenkoms deelgeneem het. Die atlete het ook gekwalifiseer om aan die SA Kampioenskappe deel te neem wat die naweek plaasvind.
Die atlete het as volg presteer:
Muneeba de Bruyn – 0/10 Dogters Gewigstoot het ‘n 1ste plek behaal en is ook die Wes-Kaap kampioen.
Brent-Leigh Ekstraal – 0/10 Seuns Verspring het ‘n 3de plek behaal.
Johané Swanepoel – 0/11 Dogters Hekkies het ‘n 3de plek behaal.
Foto: Vlnr: Muneeba de Bruyn, Brent-Leigh Ekstraal en Johané Swanepoel