Baie geluk aan Jordan Jaars van Hoërskool Punt in Mosselbaai, wat in die Wes-Kaap Skole Atletiekspan ingesluit is vir spiesgooi, seuns o/15.
Jordan het sy persoonlike beste van 58m tydens die Wes-Kaap byeenkoms gegooi en ‘n goue medalje verower. Hierdie span sal vanaf 21 Maart in Port Elizabeth aan die SA Hoërskole Atletiekbyeenkoms deelneem.
Jandri Snyders het tydens dieselfde byeenkoms in die 800m ‘n silwer medalje verower.
(Foto:) Jordan Jaars