PRG Junior Rugby-akademie. Laerskool Marvin Park van Macassar het die afgelope naweek by die PRG Junior Rugby-akademie aangesluit vir ‘n oefensessie saam met Hoof van Rugby, CornĂ© Uys, en Paul Roos Gimnasium afrigters.
Die sessie het plaasgevind by Paul Roos Gimnasium se Markötter Sportkompleks. Dit was ‘n voorreg vir Paul Roos Gimnasium om die talentvolle jong spelers te help om hul vaardighede te ontwikkel.
Die Marvin Park-rugbyspan het tydens die onlangse George 10’s tot 21:30 die aand in die reĂ«n gewag om PRG te sien speel.
Dankie aan Marvin Park vir jul wonderlike ondersteuning en passie vir rugby.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf