ANHS Atletiek. Die afgelope naweek het ANHS se atlete aan die ASA Vrystaat Atletiek kampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem. Die kompetisie was baie sterk en ANHS se atlete het teen atlete van regoor die Vrystaat deelgeneem. Alies se atlete het baie goed gevaar. Die atlete wat medaljes ontvang het, is: Monique Weitsz, Robert Orrock, Chris Weitsz, Catherine van Aardt, Janco Labuscagnie en Francois van Niekerk.
Goud : Monique Weitsz meisies o/18 5000mW (29:08.73s) en Robert Orrock mans o/20 10km (34:26.50).
Silver : Chris Weitsz seuns o/16 5000mW (28:35.31) en Catherine van Aardt meisies o/16 3000m (12:01.63).
Brons : Janco Labuscagnie mans o/20 110mH (17.04s) en Francois van Niekerk seuns o/18 HJ (1.80m).
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za