PRG atlete. Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch, se atlete het verskeie individuele pryse gewen by die jaarlikse Prestige Atletiekbyeenkoms in Dal Josaphat, Paarl. PRG atlete het die volgende pryse ingepalm:
- Divan Lamprecht is gekroon as die beste junior baan atleet na sy o/15 100m hekkies oorwinning.
- Joshua Acker, ontvang die titel van beste senior veld-atleet. Hy het ook die prestasie van die dag verower met sy rekord o/17 gewigstoot poging.
- Handre Nel (o/17) is gekroon as die beste senior paalspring atleet en beste algehele paalspring atleet van die dag na ‘n persoonlike beste van 4.6m.
- Die o/14 BloemRoos atlete het hulle ouderdomsgroep gewen met die twee skole wat algehele derde eindig met ‘n totaal van 733 punte.
#prgatletiek#prestigeatletiek#prestigeathletics#prgathletics+2
Foto’s verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za