Leerders van die Hoërskool Outeniqua het onlangs die skool se hoogste toekenning vir Akademie ontvang nl. Erekleure. Om daarvoor te kwalifiseer moes leerders vanaf hul graad 10 jaar ‘n gemiddelede persentasie van 80% en meer behaal het.
Die leerders is op die foto bo v.l.n.r.: Janel de Swardt, Bernice Gerber, Chloe de Swardt en Malisa Ferreira Die Kwaggas is trots op julle en wens julle alle voorspoed toe met die eindeksamen wat voorle.