)

Poort-bundel van 2024 – Hoërskool Stellenberg

Poort-bundel van 2024. Amé van Zyl, leerder van Hoërskool Stellenberg, se woordkuns skitter op nasionale vlak! Amé se besondere skryftalent is hierdie jaar met die publikasie van haar prosa (“My simfonie, my musiek”) in die Poort-bundel van 2024 beloon.

Hierdie bundel is ‘n samestelling van die beste poësie en prosa, geskryf deur hoërskoolleerders regoor Suid-Afrika. Dit word deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gepubliseer. Slegs die topskryfstukke van leerders wat nasionaal teen mekaar kompteer word hier gepubliseer.

Amé is die Redakteur van Hoërskool Stellenberg se skoolkoerant, Res Novae. Verder het sy ook by die Akademiese Prysuitdeling met die toekenning van “Mees Tweetalige Leerder” weggestap.

Hoërskool Stellenberg wil ook dankie sê aan mevrou Lianne Smit wat die leerders se skryftalent by die Sentrum van Verrykende Leer se Stellenberg Skrywersgilde gekoester en geslyp het. Hier word geleentheid gegee aan ons talentvolle woordkunstenaars om hulle skryftalent met ander te deel en ook aan provinsiale en nasionale skryfkompetisies deel te neem.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://stellenberg.org.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal