PNB Paribas Rising Star. Grey Kollege Primêr se top 8 tennisspelers het Vrydag, 12 April, aan die PNB Paribas Rising Star Tennis provinsiale rondte in Bloemfontein deelgeneem.
Die seuns het uitstekend gevaar en hulle het Grey se naam hoog gehou. Die volgende spelers was betrokke:
Grey A:
- Nathan Herbert
- Stean du Toit
- Karlo Buitendag
- Juvan van Niekerk
Grey B:
- Wium Vosloo
- Nicolas du Toit
- Liewan Claassens
- Anrich Buys
Die A-span het teen Primêre Skool Universitas A in die een semi-finaal gespeel, terwyl Grey B teen Primêre Skool Willem Postma A in die ander semi-finaal gespeel het.
Beide Grey spanne dring deur na die finaal, waar Grey A as wenners uit die stryd tree.
Grey A dring deur na die nasionale rondte wat later vanjaar plaasvind.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://greycollegeprimary.com/
Photos supplied