)

EHS 110 Jaar – Hoërskool Ermelo sedert 1914

EHS 110 Jaar. EHS 110 jaar van Seën! In 1914 het iets besonders in Ermelo tot stand gekom: die begin van Hoërskool Ermelo.

In 2024, 110 jaar later, spog die Erries steeds met klas, styl, tradisie, prestasies en leerders wat die wêreld betree om ’n verskil te maak. Hiermee saam beskik Hoërskool Ermelo oor ’n uitsonderlike mooi terrein en fasiliteite.

Op 11 April het EHS die verjaarsdag van Hoërskool Ermelo ten volle gevier; met koek, ballonne en groot gees. 110 Duiwe, simbolies vir 110 jaar van genade, is vrygelaat en die Erries is weereens herinner aan die seën wat so mildelik oor die Erries uitgestort word.

“Dankie aan elke Errie wat deur die loop van 110 jaar bygedra het om van Hoërskool Ermelo die skool te maak wat hy vandag is. Errie-trots word in elke Errie-hart geplant en sal altyd bly groei. Ons dank God vir Sy teenwoordigheid in die skool en die pad wat Hy bepaal het vir elke Errie.

Veels geluk, Hoërskool Ermelo! Ons het jou lief en sal jou nooit vergeet.”

Non Viribus Sed Virtute – Nie deur krag nie, maar deur deug!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://erries.co.za

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal