)

Welkom Volkskool perderuiters gekies vir SANESA Vrystaat A Span

Perderuiters gekies vir SANESA. Perderuiters van Welkom Volkskool is gekies vir die SANESA Vrystaat A-span.

Hulle gaan in Oktober aan die S.A Kampioenskappe te Kayalami deelneem.

Die leerders wat gaan deelneem is Vené Steyn, met haar perd Cornerstone Whatever. Kara Taute met Cornerstone Lady Frankel. Zonika v.d Berg met Pick up sticks. Tené Martin met Storm Rider en Ivanka Erasmus met Cornerstone Vitoria’s Pride.

Vené Steyn, met haar perd Cornerstone Whatever
Ivanka Erasmus met Cornerstone Vitoria’s Pride (links) en Kara Taute met Cornerstone Lady Frankel
Welkom Volkskool perderuiters gekies vir SANESA Vrystaat A Span
Tené Martin met Storm Rider (links) en Zonika v.d Berg met Pick up sticks (regs)

Skoleperdesport het die afgelope dekade of wat geweldig in gewildheid toegeneem.

SANESA is in 2003 gestig om leerlinge wat perdry die geleentheid te bied om in hul sportkeuse, asook hulle skole te verteenwoordig tydens interskole kompetisies.

Die skoolkategorie van deelname word bepaal deur die aantal perd-ruiterkombinasies wat aktief gedurende die seisoen deelneem. Die skou waarin die meeste kombinasies deelneem, word dus die bepalende kategorie.

Om provinsiale skolespanne te haal, word die kombinasies se punte in ag geneem. Alle ruiters kry punte van 100 terug-waarts (99,98 ens) vir deelname en die plek behaal.

Aan die einde van die seisoen word hierdie punte bymekaar getel. Die hoogste vier kombinasies vorm die A-spanne en die volgende vier kombinasies die B-spanne.

’n Ruiter mag net een perd ry en nie in ’n A-en B-span deelneem nie, al is dit op verskillende perde.

Hierdie spanne kom almal bymekaar tydens die jaarlikse nasionale kampioenskappe en ry dan om byvoorbeeld die Vrystaatspan of ‘n ander provinisie as die wenner gekies te word.

Foto’s verskaf

Meer oor Welkom Volkskool:

https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/

hhttps://welkomvolkskool.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal