Witteberg krieketseuns (TBM) krieketspanne. Hoërskool Witteberg in Bethlehem is baie trots op vyf van sy krieketseuns, Tshepo Motloung, Dries Stemmett, Johan Vorster, Stephan Geldenhuis en Lesego Mosikidi wat ingesluit is in die Thabo Mofutsanyane (TBM) krieketspanne.
o.19A TBM – Tshepo Motloung
o.16A TBM – Dries Stemmett, Johan Vorster, Stephan Geldenhuis en Lesego Mosikidi.
Hierdie spanne sal vir die volgende drie naweke deelneem aan die streekswedstryde.
Hierdie ongelooflike spel,krieket, het die manier om ‘n mens nader aan die aarde te bring en jou te herinner aan die geleenthede wat ‘n mens gegun word in jou lewe om ‘n verskil te maak. Soos die lewe, kry mens gelukkige oomblikke waarin die bal reg wip terwyl sommige gevalle gekenmerk word aan ‘n rowwe kolfblad waar vrese bewaarheid word. Maar dit bly nietemin ‘n spel wat jou nederig maak en jou keer op keer nog ‘n kans bied.
Lees meer oor Witteberg:
https://schoolsthatrock.co.za/category/other-provinces/freestate/freestate-schools/