Mnr. Cornelius Coetzer (links) en Mnr. Jacques Steenkamp (regs) na ‘n welverdiende wen!
Mnr. Cornelius Coetzer, hoof van Laerskool Stulting, het onlangs aan die PE PLETT MTB Resies deelgeneem.  Hierdie resies wat oor 4 dae gestrek het, was ‘n behoorlike taai toffie om te kou. Maar waar ‘n wil is, is ‘n weg en die manne het laat waai met die pedale. Hier en daar het sommige deelnemers ‘n bietjie stof gevreet en grond gekoop!  Die Tour de Friends span, oftenwel Mnr. Coetzer en sy spanmaat Mnr. Jacques Steenkamp, het hulle egter nie deur die moeilike terrein laat onderkry nie en het die resies in die LITE afdeling gewen. Baie geluk met ‘n welverdiende wen!