Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch se senior debatspan het ‘n besondere prestasie die naweek by die ATKV nasionale debatskompetisie behaal.
Mihan van Zyl en Jacques Botma het die seniorafdeling gr 10-12 gewen. Mihan is ook aangewys as die beste taalgebruiker en die beste debatteerder. Vrydag is Mihan van Zyl aangewys as die derde beste senior onvoorbereide redenaar in die land.
Mihan van Zyl se prestasies:
*Derde onder landswye redenaars
*Beste Taalgebruiker
*Beste debatteerder
*1ste plek debat landswyd
Mihan en Jacques:
1ste plek debat landswyd
Foto: Links – Mihan v Zyl en regs – Jacques Botma.