Die netbal het Saterdag, 18 Augustus, in die semi-finaal asook die finaal gespeel van die Wesgrow Sentrale Skolereeks. Die finale uitslae is as volg:
Die o/14A span eindig 6de
Die o/15A span eindig 8ste
Die o/16B span eindig 5de
Die o/16A span wen vir Diamantveld in die semi-finaal 29-10. Daarna speel hulle teen Hoërskool Witteberg in die finaal en wen 18-13. Die span eindig ook 1ste in die reeks!
Die o/19A netbalspan verloor ongelukkig in die semi-finaal teen Diamantveld en eindig 3de in die toernooi.
Baie geluk aan al die spanne.