Hoërskool Noord-Kaap van Kimberley se 1ste Meisies hokkiespan het Vrydag, 17 Augustus in die semifinaal van die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks gespeel en verloor 0-1 teen Hoërskool Jim Fouché.
Die o/16A Meisies hokkiespan het teen Diamantveld gekykop 1-1 gespeel, maar verloor ongelukkig in 8 seconds 2-3. Die o/16A Seuns hokkiespan het die Kimberley Liga gewen nadat hulle teen HNK se o/16B span moes speel.
Die 1ste Seuns Hokkiespan wen die Kimberley liga vir 12de Jaar in ‘n ry. Die seuns het in die finaal teen Kimberley Boys High gespeel en met ‘n fantastiese 4-1 wen deurgetrek. Dit is die 12de jaar in ‘n ry wat HNK se 1ste span die liga wen!
Op Saterdag, 18 Augustus, het die o/16A Seuns hokkiespan in die semi-finaal van die Wesgrow Sentrale Skolereeks vir Hoërskool Jim Fouche met 6-0 gewen!
Die o/14A Rugby verloor teen Hoërskool Jim Fouche met 7-24.
Die o/16A Rugby verloor teen Hoërskool Diamantveld met 0-44
Die o/19B Rugby wen teen Hoërskool Jim Fouche met 36-7
Die o/19A Rugby verloor teen Hoërskool Diamantveld met 5-6