)

Paul Roos Gimnasium Sport – PRG vs Bishops Diocesan College

Paul Roos Gimnasium Sport. Markötter sit sy beste voet voor sedert 2019! Een van die hoogtepunte op die Paul Roos Gimnasium se sport kalender is die jaarlikse kragmeting teen Bishops Diocesan College. Bishops se besoek was die eerste kragmeting op Paul Roos Gimnasium se tuisbodem sedert 2019.

Dit was met groot afwagting en opgewondenheid vir leerders, ouers en oudskoliere om weer ‘n naweek van sport te kon beleef. Die afgelope naweek het beslis nie teleurgestel nie. Met sport van die hoogste gehalte, intensiteit en passie was dit weer kenmerkend van ‘n skolederby. Vyftien rugbyspanne, elf hokkiespanne en en vier sokkerspanne van elke skool het teen mekaar te staan gekom.

Paul Roos Gimnasium het 9 uit die 11 hokkiewedstryde gewen met die o/19A-span wat 2-3  verloor het. Al vier Paul Roos sokkerspanne het hul wedstryde gewen en die o/19A’s het met  2-0 geseëvier.

Saterdag se ruby het vir baie opwinding gesorg. Paul Roos Gimnasium het 14 uit die 15 kragmetings gewen het en die naweek afgesluit het met ‘n senutergende eerstepan-kragmeting.

Jurenzo Julius

Met ‘n agterstand van 7 – 31 het Paul Roos gesukkel om die deur die opponente se verdediging te breek. Toe Jurenzo Julius egter die veld betree het, was dit ‘n ander storie. As  groot fisieke agterspeler het hy die wedstryd dadelik laat swaai met `n suksesvolle  aangee aan die vleuel, Christian Brandt. `n Prag-drie het gevolg! Hierdie punte was net wat die tuisspan nodig gehad om ‘n vastrapplek in die wedstryd te kry. Die punte is vinnig aangevul deur nog ‘n drie in die hoek deur Luke Graham.

Op hierdie stadium, met ‘n telling van 31 – 17, was al die momentum by Paul Roos, totdat Bishops ‘n drie van ‘n skrum gedruk het. Met ‘n goedgeplaasde skoppie het die Bishops-agterspelers Paul Roos gefnuik om te domineer met ‘n voorsprong van 38 – 17.

Ongelukkig vir Bishops was dit hul laaste punte  vir die dag. Paul Roos Gimnasium het met ‘n merkwaardige terugkeer ‘n eindtelling van 38 – 38 verseker.

Paul Roos Gimnasium se volgende tuisderby is teen Hoër Jongenskool Paarl  op 20 en 21 Mei.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://paulroos.co.za/

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal