V.l.n.r: Jack Vlismas en Jo van Rooyen
Op 9 Mei het vyf Paul Roos leerders aan die eerste aanlyn Oppie Tong Af Redenaarskompetisie deelgeneem. Jack Vlismas en Niel Smit het voorbereide motiverende toesprake in die Engelse stroom (On the tip of the tongue) gelewer. Jack Vlismas (gr.10) se voorbereide toespraak: What we can learn from the trenches of World War One and Two het ‘n punt van 88% behaal. Niel Smit (gr.8) het ook ‘n voorbereide toespraak gelewer: Working in the Frontline en het ‘n punt van 86% behaal.
Aan die Afrikaanse kant het Willem Visagie (gr.9) se voorbereide toespraak: Die mensdom is satelliete sonder seine het ’n punt van 88% behaal. Jo van Rooyen (gr.9) het ’n onvoorbereide toespraak oor die onderwerp, “Elke mens het die reg om self te besluit of hy ingeperk wil word of nie. Ja/Nee.” puik benader en 82% behaal. Pellatt Smith (gr.10) het met sy voorbereide toespraak: “Daar is nie ‘n alternatief vir vleis nie.” ’n punt van 97% losgeslaan.
Jack Vlismas en Pellatt Smith het deurgedring na die finale rondte wat hopelik in Oktober in Gauteng sal plaasvind.