)

Paul Roos Gimnasium o/19 Tennisspan maak skoonskip

Paul Roos Gimnasium se o/19 Tennisspan is ook onoorwonne by Boland Landbou Tennisfees. Die 1ste tennis span van Paul Roos het die afgelope naweek skoonskip gemaak by die 13de Boland Landbou Tennisfees wat in die Paarl “Op die Plaas” aangebied was.

Paul Roos, wat die verdedigende kampioen is, het hul onoorwonne vertonings van die jaar by tennisfeeste voortgesit en het ook hierdie toernooi oortuigend gewen deur Paarl Boishaai (Hoër Jongenskool Paarl) in die finaal met 7 – 0 te wen. Die Paul Roos span het gedurende die toernooi nie een wedstryd verloor nie en dit was goeie voorbereiding vir die komende naweek se Grey Tennis Festival in Bloemfontein.

Die Paul Roos span was verteenwoordig deur Wikus Robbertse, Ruben Fortuin, Carl Roothman, Andre du Plessis, Hugo Kotze, Luca Link, Stephen Claasen en Jacques Mieny.

Die 12 skole wat aan die toernooi deel geneem het, was in 4 groepe in gedeel. Paul Roos het al sy wedstryde in die groep-fase oortuigend gewen. In die semi-finaal het die manne van Paul Roos oortuiging met Hoër Landbouskool Oakdale afgereken.

In die finaal was Paul Roos egter te sterk vir Paarl Boishaai en het ook hierdie kragmeting gewen.

Die uitslae van Paul Roos was as volg:

Paul Roos wen Boland Landbou 12 – 0

Paul Roos wen Pearson High School 12 – 0

Paul Roos wen Hoër Landbouskool Oakdale 12 – 0

Paul Roos wen Paarl Boishaai 7 – 0

Die volgorde waarin die 12 deelnemende skole klaar gemaak het is as volg:

  1. Paul Roos; 2. Paarl Boishaai; 3. Hoër Landbouskool Oakdale; 4. Hoërskool Durbanville; 5. Midstream College; 6. HTS Middelburg;
  2. Paarl Gimnasium; 8. Boland Landbou; 9. Marlow Agricultural High School; 10. Wynberg; 11. Stellenbosch Hoërskool en 12. Pearson

Baie geluk aan Paul Roos se 1ste span met hierdie uitstekende vertoning en baie sterkte vir die komende week in Bloemfontein by die Grey Tennis Festival.

Op die foto  bo is Paul Roos se 1ste o/19 wenspan met hul trofees:

Swannie Swanepoel (Afrigter), Stephen Claasen, Jacques Mieny, Hugo Kotze, Wikus Robbertse, Ruben Fortuin, Andre du Plessis, Carl Roothman en Luca Link.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal