Paul Roos Gimnasium se o/19 Tennisspan is ook onoorwonne by Boland Landbou Tennisfees. Die 1ste tennis span van Paul Roos het die afgelope naweek skoonskip gemaak by die 13de Boland Landbou Tennisfees wat in die Paarl “Op die Plaas” aangebied was.
Paul Roos, wat die verdedigende kampioen is, het hul onoorwonne vertonings van die jaar by tennisfeeste voortgesit en het ook hierdie toernooi oortuigend gewen deur Paarl Boishaai (Hoër Jongenskool Paarl) in die finaal met 7 – 0 te wen. Die Paul Roos span het gedurende die toernooi nie een wedstryd verloor nie en dit was goeie voorbereiding vir die komende naweek se Grey Tennis Festival in Bloemfontein.
Die Paul Roos span was verteenwoordig deur Wikus Robbertse, Ruben Fortuin, Carl Roothman, Andre du Plessis, Hugo Kotze, Luca Link, Stephen Claasen en Jacques Mieny.
Die 12 skole wat aan die toernooi deel geneem het, was in 4 groepe in gedeel. Paul Roos het al sy wedstryde in die groep-fase oortuigend gewen. In die semi-finaal het die manne van Paul Roos oortuiging met Hoër Landbouskool Oakdale afgereken.
In die finaal was Paul Roos egter te sterk vir Paarl Boishaai en het ook hierdie kragmeting gewen.
Die uitslae van Paul Roos was as volg:
Paul Roos wen Boland Landbou 12 – 0
Paul Roos wen Pearson High School 12 – 0
Paul Roos wen Hoër Landbouskool Oakdale 12 – 0
Paul Roos wen Paarl Boishaai 7 – 0
Die volgorde waarin die 12 deelnemende skole klaar gemaak het is as volg:
- Paul Roos; 2. Paarl Boishaai; 3. Hoër Landbouskool Oakdale; 4. Hoërskool Durbanville; 5. Midstream College; 6. HTS Middelburg;
- Paarl Gimnasium; 8. Boland Landbou; 9. Marlow Agricultural High School; 10. Wynberg; 11. Stellenbosch Hoërskool en 12. Pearson
Baie geluk aan Paul Roos se 1ste span met hierdie uitstekende vertoning en baie sterkte vir die komende week in Bloemfontein by die Grey Tennis Festival.
Op die foto bo is Paul Roos se 1ste o/19 wenspan met hul trofees:
Swannie Swanepoel (Afrigter), Stephen Claasen, Jacques Mieny, Hugo Kotze, Wikus Robbertse, Ruben Fortuin, Andre du Plessis, Carl Roothman en Luca Link.