Hoërskoolleerders van dwarsoor die land ding in die volgende aantal weke mee om as die eerste Blitsbrein Junior gekroon te word. Die program word Maandae om 18:00 op via, kanaal 147, gebeeldsend.
Luc van der Veen (16) van Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch, het aan die eerste rondte op Maandag, 6 Januarie deelgeneem en het as die eerste wenner geseëvier. Jan-Hendrik du Toit van Hoër Jongenskool Paarl het die tweede plek ingeneem. Luc het van die begin bewys dat sy algemene kennis moeilik geklop gaan word!
Welgedaan, Luc! Jy Rock!