PRG het op Vrydag, 23 Augustus, deelgeneem aan die Eskom Expo vir jong wetenskaplikes. Paul Roos het 23 leerders (22 projekte) ingeskryf en is beloon met 3 Goud, 11 Silwer en 7 Brons toekennings. PRG spog ook met 4 kategorie-wenners uit 378 take en een leerder. Francois Malherbe is gekies is om aan die nasionale kompetisie deel te neem later vanjaar. Sy projek het gehandel oor ‘n nuwe manier om die bytkrag (bite force) van ‘n dier te bepaal.
Baie geluk aan al die deelnemers!