Pat Uys Tennistoernooi: Gedurende die afgelope naweek het Bethlehem Voortrekker Hoërskool se 1ste meisies tennisspan aan Eunice se Pat Uys Tennistoernooi in Bloemfontein deelgeneem.
Dié meisies het Voortrekker se naam hoog deur dié toernooi met 70 punte te wen! Hoërskool Waterkloof van Pretoria was die naaswenners met 43 punte.
Gedurende dié toernooi het BVHS slegs 5 stelle afgestaan. Die spanlede is Anke Heyns, Carise van Rooyen, Cayla Scheepers, Annika van Rooyen, Heili Pretorius, Cloë Opperman en Mianca van Niekerk.
Welgedaan, meisies! Ons is trots op elkeen van julle.
Geluk ook aan me Elmari de Bruyn, die span se afrigter.
Foto verskaf
Lees meer oor BVHS: