)

Groei met leerders – Laerskool Westwood onderwyser groei met leerders

Groei met leerders. Daar is min mense wat op beroemdheid kan aanspraak maak deur om haar leerders op te voed en terselfdetyd saam met hulle te groei. Juffrou Nadia Janse van Rensburg by Laerskool Westwood in Boksburg, Gauteng, is iemand wat daarop aanspraak kan maak.

“Met hierdie unieke en spesiale storie wil ons as ouers en leerders ‘n baie spesiale persoon bedank en gelukwens vir die wyse waarop sy na ons kinders omgesien het.”

Van die vele leerders wat hul skoolloopbaan in Graad RR by Laerskool Westwood in 2013 begin het, het ‘n spesiale groepie van 12 leerders dit reggekry om hul hele pre-primêre en primêre skoolloopbaan saam met haar te stap. Gedurende 2016 het juffrou Nadia die trappies verder geklim. Sy het die Graad 2-groep onderrig. Twee jaar later het sy besluit sy kan nie van hulle afstand doen nie. Sy besluit toe om vir hulle in Graad 4 in Wiskunde te onderrig. Gedurende 2019 het nuwe verwikkelinge vir juffrou Nadia en haar leerders na vore gekom. Sy het weereens die leer geklim en vir hulle in Graad 5 Geskiedenis en Aardrykskunde onderrig.

Huidiglik, in 2021, is juffrou Nadia die pilaar en mentor asook Register- en Wiskunde onderwyser vir hierdie groep Graad 7-leerders. Hierdie groepie graad 12 leerders het grootgeword onder haar leiding en opvoeding. Al haar leerders en die ouers wil van hierdie geleentheid gebruik maak om haar te bedank  vir haar toegewydheid en liefde vir haar leerders.

Sy is iemand wat met trots uitstaan in die gemeenskap. Mense kan baie leer deur die voorbeeld wat sy stel. Haar leerders gaan baie na haar verlang, maar gelukkig het hulle spesiale herinneringe om aan vas te hou.

Juffrou Nadia, ons eer jou.

-Elize Cameron (Ouer)

Foto verskaf

Lees meer oor Laerskool Westwood:

https://schoolsthatrock.co.za

https://www.westwoodlaerskool.org.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal