Laerskool Outeniqua in George het Saterdag, 13 Julie, aan die jaarlikse Park Sewes-toernooi deelgeneem. Twee spanne was ingeskryf wat onderskeidelik in Afdeling A en B gespeel het.
Albei spanne het geskiedenis gemaak deurdat Span 1 die A-afdeling en Span 2 die B-afdeling gewen het.
Baie geluk, manne!
Foto bo: Span 1: Agter v.l.n.r.: Darren Samson, Migail Barnard, Aya Dada, Keenan Jantjies Middel v.l.n.r. Algero Kaars, Gareth Maree en Aldert van Zyl
Voor v.l.n.r.: Rowan Mafutu en Dewalt Jonck