Baie geluk aan Ayden Fourie, An-Sophié Buchholz en Abia Alleem van Laerskool Outeniqua in George, wat deelgeneem het aan die WKOD Kunskompetisie – Eden en Sentraal Karoo Streek. Hul werk is gekies om uitgestal te word in die Zeitz museum by die Kaapstad Waterfront.
V.l.n.r. Ayden Fourie, An-Sophié Buchholz (Intermediêre Fase) en Abia Alleem (Senior Fase)