Richard O’Farrell, ‘n voormalige Hoërskool Nelspruit-leerder het onlangs sy Protea-kleure in onderwaterhokkie behaal en Suid-Afrika tydens die World Age Group Underwater Hockey Championship in Hobart, Australië van 9-24 Julie 2017.
Dit is die vierde maal wat dié internasionale toernooi aangebied word en lande soos onder andere Argentinië, Australië, Nieu-Seeland, Kanada, Frankryk en Amerika het deelgeneem.
Richard is al van jongs af lief vir water en het reeds van gr.1 af in Komatipoort Akademie tot matriek by NHS aan swem-galas deelgeneem. Hy was vir vyf jaar deel van die SA Skole-swemspan en het provinsiale kleure in Biathlon vir beide Mpumalanga en Kwazulu-Natal behaal.
Maar wanneer hy nie in die water was nie, was hy op die hokkieveld en was ook in NHS se eerste seunshokkiespan. Hy is in gr.12 aan onderwaterhokkie voorgestel – ‘n sport wat beide sy liefde vir water en hokkie insluit. Hy het NHS en Mpumalanga in junior onderwaterhokkie verteenwoordig in 2014 (matriek) en was onderkaptein vir die provinsiale span.
In 2015 het hy by die Tuks- en Gauteng noord-onderwaterhokkiespanne in Pretoria aangesluit. Hy het sedertdien in drie senior nasionale kampioenskappe deelgeneem en nou vir die eerste maal in ‘n internasionale toernooi as deei van die o/23 SA mans-span.
Die o/23’s het algeheel 7de geëindig by die kampioenskappe.
Besoek ook: CMAS 4th World Age Group Underwater Hockey Championship Hobart 2017
Should you wish to communication directly with Richard re the tournament or have any more questions, you are welcome to contact him on 079 304 3800 or richard.ofarrell96@gmail.com