)

Oud – Monumentare keer terug skool toe

Hoërskool Monument (Monnas) in Krugersdorp wat in 2021 sy 100ste bestaansjaar sal vier spog met ‘n totaal van 29 personeellede wat hul skooljare by Monnas deurgebring het. Een van diè personeellede, Hanlie Vahrmeijer wat al 10 jaar by Monnas werk sê as daar eers Monnasbloed in jou are loop sê jy nie sommer nee as die geleentheid om terug te keer hom voordoen nie. “Monnas het ‘n x-faktor wat moeilik is om te definieër maar as mens dit kon bottel sou jy skatryk geword het” het Vahrmeijer bygevoeg.

Die feit dat Monnas ‘n tradisie-ryke skool is, dra ook by tot die feit dat soveel mense wil terugkeer na die skool.
Een van diè tradisies (die hekkie-tradisie) is deur die matrieks van 1988 in plek gestel en weer deur die matrieks van 2017 ge-eerbiedig op Vrydag, 13 Oktober. Me Estè Pienaar (ook ‘n oud-Monumentaar) wat al vir meer as 50 jaar by Monnas werk en ‘n bekende gesig in Krugersdorp is beskryf die tradisie so: “Simbolies sal elke Std.6 leerling aan die begin van sy/haar hoërskool loopbaan van buite, Hoërskool Monument binnestap – om vir vyf jaar betrokke te wees, te groei en te onwikkel. Dit is dan ook die simboliese totsiens sê van elke matrikulant wanneer hy/sy van binne deur die hekkie stap die volwasse lewe in.

Pienaar het in 2011 ‘n “Monnas Gedenktoekenning” ontvang. Diè gedenktoekenning word elke vyf jaar aan ‘n oud-Monumentaar toegeken. Ontvangers van die toekenning sluit in F.W de Klerk (1991), Prof P.A Pelser (1996), Prof Elize Botha (2001) en Prof T.T Cloete (2006).
“Ek het ongelooflike onderwysers gehad en dit is waar ek my grondslag gekry het. By Monnas praat almal dieselfde taal en almal deel ‘n liefde vir tradisies en vir die skool en ek dink dit is een van die grootste redes dat Monnas so baie Oud-Monumentare het wat vandag by die skool werk, het Pienaar bygevoeg.
Die skool se leuse: “Liewer slyt as roes” sowel as die skoolkode is deur die eerste skoolhoof Mnr P.W.S Schumann (1922 – 1938) nagelaat. Hierdie “erfstukke” spreek van idealisme, waardes en norme wat tot ver in die toekoms deur elke Monumentaar gehuldig sal word.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal