Oud-Liggie, Elzani Botma wat in 2014 by Ligbron Akademie vir Tegnologie gematrikuleer het, het vandat sy haar matriek met 8 onderskeidings geslaag het, nie terug gestaan vir enige iets nie. Elzani het haar BSc Aktuariële wetenskap en BSc Hons Kwantitatiewe risiko bestuur grade verwerf. Verlede jaar (2019) het sy haar meesters in wiskundige statistiek (MSc Wiskundige statistiek) gedoen en dit met Cum Laude geslaag. Dit was ‘n 2 jaar kursus wat sy in 1 jaar voltooi het. Elzani sal vanjaar met haar doktoraal in wiskundige statistiek (PhD Wiskundige statistiek) begin. Dit is altyd vir Ligbron ‘n groot eer om te sien as een van ons oud-Liggies met sulke pragtige prestasies spog. Baie geluk Elzani en sterkte met vanjaar se studies.