Reinhardt Ludwig, hoofseun en Witbul-kaptein van 2020, is op flank (7) by die beginspan van die Junior Bokke ingesluit vir hul openingswedstryd van vanjaar se O/20-internasionale reeks.
Reinhardt het in sy graad 8- en 9-jaar vir die C-span op senter uitgedraf, maar het later slot toe geskuif. Hierdie skuif het in sy guns getel en hy het reeds in sy graad 11-jaar die Witbultrui oor sy kop getrek.
Baie geluk, Reinhardt. Affies is trots op jou.
Foto verskaf