Renaldo Hiscock het deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Strandhengel-kampioenskap wat 9 – 12 Junie by Mtunzini in KwaZulu-Natal plaasgevind het.
Renaldo het ‘n derde plek in die juniorafdeling behaal en is tans derde op die Suid-Afrikaanse Juniorlys. Gimmies is baie trots op Renaldo se uitsonderlike prestasie. Mag hierdie die begin van nog vele wees.