)

Hoër Meisieskool Oranje se Tennisspan soos Familie

Nadat Hoër Meisieskool Oranje die vorige drie keer teen Bloemhof vasgeval het, het Gina Moolman gehoop om vanjaar die houvas te breek. Oranje en Bloemhof sou mekaar dalk nog drie keer in 2020 aangedurf het.
Gina, sedert haar gr. 9-jaar ’n lid van die eerste span en wie al vir die Namibiese skolespan gekies was, sê die teleurstellendste deel van 2020 was om nie vir oulaas saam met haar spanmaats baan te vat en hulle harte uit te speel nie.
“Dit was baie teleurstellend om te sien hoe vinnig ons matriekjaar ewe skielik van ons af weggevat is deur ’n pandemie wat ons nie gedink het ooit by Suid-Afrika sou uitkom nie.
“Ek het uitgesien om hierdie jaar aan alles vir die laaste keer deel te neem en alles vir die laaste keer voluit te doen en dit te geniet. Ek was veral opgewonde om vir Bloemhof in die eindstryd van die Amanda Coetzer aan te durf.
“Ons hoofdoelwit is altyd om ’n poging aan te wend om vir Bloemhof te klop. En dit sal altyd ’n prioriteit bly,” sê Gina.
“Oranje se tennisspan is soos ’n span vol susters. Ek en my spanmaats kom ’n lang pad saam, het op elke toer saam gegaan en mekaar by elke dag se oefeninge gesien. Die span voel soos ’n familie en dit sal nooit weggaan nie.”
Volgens Gina, die derde van die Moolman-sussies om vir die eerste span te speel, sal dit die wêreld vir haar beteken om een laaste wedstryd vir Oranje te speel.
“Ek sal eerlikwaar my linkerarm gee vir een laaste keer se speelkans. Die vier jaar wat ek die eerstes verteenwoordig het, was ’n baie groot voorreg.”
Sy sê sy sal die eindstryd teen Bloemhof op die Amanda Coetzer-toernooi in 2018 nie maklik vergeet nie.
“Ek het in die halfeindronde my enkel geswik en steeds die volgende dag teen Bloemhof gespeel, want jy laat nooit jou span in die steek nie.
“Jy moet 100% in die oomblik lewe. Jy gaan nooit weet wanneer dit die laaste van iets was nie.”
* Die artikel is ’n eerbetuiging aan Gina vir haar diens aan die skool se 1ste tennisspan en vir dit wat sy vanjaar vir die span sou beteken het, maar nie die kans gekry het nie.
Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal