Hoër Meisieskool Oranje se Gr. 10 Duitse leerders het die afgelope twee weke geleer van verjaarsdae in Duits. Hulle moes ’n partytjie beplan en ‘n uitnodigingskaartjie maak en stuur.
Aan die einde het hulle ’n Duitse resep gekry vir ’n tipiese Duitse verjaarsdagkoek, ‘n marmerkoek “Marmorkuchen” en die bestanddele. Hulle moes dit in die klas maak en kon agterna die “Marmorkuchen” und “Kaffee” geniet!