Oranje Hokkie. Mia Prinsloo en Nadine Claassens, hokkie-sterre van Hoër Meisieskool Oranje, het hul laaste wedstryd vir die 1ste hokkiespan gespeel in die wedstryd teen Hoër Meisieskool Bloemhof. Hierdie twee staatmakers het die afgelope twaalf jaar honderde wedstryde as spanmaats saam gespeel.
Mia en Nadine het elke jaar, sedert o.7A in 2012, dieselfde A-span gehaal. Hulle was hul hele hoërskoolloopbaan spanmaats en het saam hul buiging vir die 1ste span in 2021 gemaak.
Om verder die kroon te span, het hulle boonop op dieselfde dag hulle 100ste verskyning vir die 1stes gemaak!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf