Oranje Netbal. Twee van Hoër Meisieskool Oranje se Graad 12 netbalspelers, Karla Victor en Roline Louw het nie net Saterdag hul laaste wedstryd vir die 1ste netbalspan gespeel nie, maar ook hul laaste Oranje Netbal wedstryd ná 12 jaar en honderde wedstryde saam.
Dié twee het elke jaar, sedert o.7A in 2012, dieselfde netbal A-spanne gehaal. Hulle was ook hul hele hoërskoolloopbaan spanmaats en het saam hul buiging vir die 1ste span in 2021 gemaak. Karla en Roline het ook kort ná mekaar hul 100ste vir Oranje se 1stes gespeel.
Die kroon op hierdie twee netbalsterre, is dat albei vanjaar ’n silwermedalje vir Suid-Afrika behaal het. Roline by die Afrika-atletiekkampioenskap in sewekamp (o.20) en Karla by die Statebond-jeugspele as kaptein van die SA o.18 Fast5 netbalspan.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf