Ons is vreeslik trots op Dynamics – DF Malan se eie Glee-groep. Hulle is uit duisende deelnemers aangewys as die algehele wenners van die Tygerberg Internasionale Eisteddfod se afdeling vir Musiek. Ons is besonders trots op die opofferings en al die harde werk wat hierdie groep begaafde leerders ingesit het om hierdie ongelooflike prestasie te behaal. Welgedaan, Dynamics!
Voor (v.l.n.r.): Franciska Griessel, Anneke Human, Danielle Brink, Cari Geyer, Sune Williams en Kayla Bloemhoff.
Agter (v.l.n.r.): Wouter Willemse, SP Grobbelaar, Jaydan Fritz, Eben Nel, Kian Britz en Heinrich Hanana.
Afwesig: Wilmar Niehaus, Margot Rothman en Marco Nagel.