“Onderwêreld.” EHS was vanjaar weer bevoorreg om as gasheerskool op te tree vir die opvoering van die matrieks se voorgeskrewe werk “Onderwêreld” deur Fanie Viljoen. Die regie is waargeneem deur bekende akteur en regisseur André Stoltz.
Die geselskap van dié produksie bestaan uit Arno Horn, Stefan van Niekerk, Morné Visser, Beate Opperman, Xander Goosen en Jaco Schoeman. Pierre Retief is die tegniese regisseur.
Vir al die leerders was dit ‘n besondere voorreg om die produksie te kon beleef. Al die skole is dit eens dat dit ‘n opvoering van hoogstaande gehalte was. Die geselskap is staande toegejuig!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf