Onderwater Hokkie. Ses Gr. 8, 10 en 12-seuns van Grey Kollege in Bloemfontein het die afgelope skoolvakansie deelgeneem aan die Junior Nasionale Onderwater-hokkie-toernooi in Somerset-Wes.
Hulle het die Vrystaatse o/19 seuns onderwater hokkie span verteenwoordig. Xavier Branco, Johannes Van Wyk, Malcolm Markram, Schalk Maartens, onderkaptein), Ricardo Branco en Michrus Eksteen (kaptein) het teen verskeie ander spanne en provinsies meegeding.
Van die seuns het ook deelgeneem aan die Fin-Swimming afdeling van die Junior Nasionale Kampioenskappe. Die o/19 Aflosspan het die brons medalje verower.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://greycollegesecondary.com/
Foto verskaf