Senior Nasionale Atletiekbyeenkoms. Nog ‘n byeenkoms, nóg ‘n medalje vir Johani van Tonder van Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein. Dié keer op die Senior Nasionale Atletiekbyeenkoms in Kaapstad.
Tydens die byeenkoms het sy ‘n derde plek in die driesprong met ‘n poging van 12.56 m. behaal. Johani het verlede maand die nasionale o.18-titel in dié nommer verower.
Nadia Vorster het ook vir die SA seniors gekwalifiseer waar sy 10de in die hoogspring geëindig het.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf