OMS Tennis. Die verowering van die nasionale titel deur die o.16A-tennisspan van OMS, het die kroon gespan op ’n besonderse jaar vir Oranje se tennis.
Die o.16’s het vir ’n tweede agtereenvolgende jaar die trofee op die Rising Star-toernooi in Pretoria in ontvangs geneem. Daarbenewens is die eerste span ook vanjaar die voorste span vir meisies in Suid-Afrika. Dié span het die Gerrie Berner- én die Itec Amanda Coetzer-toernooi gewen sonder om ’n wedstryd te verloor. Dit was die eerste keer sedert 2015 wat Oranje dié twee grotes op die skoolkalender in dieselfde jaar kon wen.
Die eerste span was vanjaar in 18 kragmetings (uit 20) aan die wenkant.
- Die eerste span het bestaan uit Liné Greyling (k), Donna le Roux, Anzél van Zyl, Lezaan Swanepoel, Nina Schimper, Mia Schimper en Ansoné Theron.
- Die o.16A-span het bestaan uit Nina (k), Donna, Ansoné en Mia.
- ‘n Bykomende pluimpie aan OMS-afrigter MC Olivier. Hy is ook die breier van Oranje Primêr se o.13A’s wat ook vanjaar se SA-kampioenspan is.
Van die ander prestasies op die tennisbaan vanjaar sluit in:
- Oranje se 2de span was in Februarie vir die 3de agtereenvolgende keer die kampioen op die Tjaart Vorster-toernooi in Cradock.
- In 2021 en 2022 het Oranje elke keer die meeste spelers (6) in die Vrystaatse skolespan gehad.
- Wat individuele prestasies betref, is vanjaar se nasionale o.18-kampioen (Liné Greyling) en o.16-naaswenner (Donna le Roux) Oranjeniete.
- Liné (SA o.20) en Donna (SA o.16) het albei in die laaste 12 maande Suid-Afrika op die tennisbaan verteenwoordig. Albei was ook vanjaar vir die SA-skolespan gekies wat in die wintervakansie na Europa sou toer.
OMS Tennis
The capture of the national title by the under-16A tennis team of OMS took the crown on a special year for Oranje’s tennis.
The under-16s received the trophy at the Rising Star tournament in Pretoria for a second consecutive year. In addition, the first team is also the leading team for girls in South Africa this year. The team won both the Gerrie Berner and the Itec Amanda Coetzer tournament without losing a match. It was the first time since 2015 that Oranje had won the two greats on the school calendar in the same year.
The first team was on the winning side in 18 showdowns (out of 20) this year.
- The first team consisted of Liné Greyling (c), Donna le Roux, Anzél van Zyl, Lezaan Swanepoel, Nina Schimper, Mia Schimper and Ansoné Theron.
- The u.16A team consisted of Nina (k), Donna, Ansoné and Mia.
- An additional feather in the cap to OMS coach MC Olivier. He is also the knitter of Oranje’s Primary’s U13 A which is also this year’s SA champion team.
Some of the other achievements on the tennis court this year include:
- Oranje’s 2nd team was the champion at the Tjaart Vorster tournament in Cradock for the 3rd consecutive time in February.
- In 2021 and 2022 Oranje had the most players (6) in the Free State schools team each time.
- In terms of individual achievements, this year’s national under-18 champion (Liné Greyling) and U.16 runner-up (Donna le Roux) are from Oranje.
- Liné (SA u.20) and Donna (SA u.16) have both represented South Africa on the tennis court in the last 12 months. Both were also selected for the SA schools team this year that would tour Europe during the winter holidays.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf