OMS Gholf. Vier gholfspelers van Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein, het waarskynlik Vrydag, 1 Maart, geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer ooit Oranje op die gholfbaan te verteenwoordig.
Hulle was boonop die enigste meisies teen die seuns op die Fichardtpark-sportdag. Daar is nie sekerheid of OMS-leerders al voorheen vir die skool gholf gespeel het nie.
Michelle Britz (graad 12) en Khloë Deysel (graad 9) het 4de uit die deelnemende 24 spanne geëindig. Mia Rossouw (graad. 12) en Lize Janse van Rensburg (graad 9) was 9de. Dit was ’n BBS-formaat oor 18 putjies.
Dit was maar slegs die vierde keer wat Lize ‘n gholfstok geswaai het. Mia speel vanaf ‘n 6 voorgee en spog met Vrystaatkleure in dié sport.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf